Ware Liefde ???

    Terwyl sy die eerste blomblaartjie uittrek sê sy in ’n duidelik hoorbare stem die woorde, “Hy is lief vir my.” Vasberade trek sy die tweede blomblaartjie uit met die woorde, “Hy is nie lief vir my nie.” Dan beurtelings die volgende blomblaartjies totdat daar nie een enkele een oor is nie. Maar dit is alles verniet, want selfs na die laaste blomblaartjie is sy nog onseker. Sy weet steeds nie of hy die liefde van haar lewe is nie. Sy weet ook nie dat die ware liefde van haar lewe baie nader aan haar is, as wat sy ooit sou kon dink nie. Sy het net nog nie die Geheim van Ware Liefde ontdek nie.  
     
    Mense wat ’n liefdesbesluit kan neem sonder om ’n bietjie daaroor te twyfel is maar yl gesaai. Almal wonder en wonder en wonder! Vir baie mense is dit maar net die normale vrees voor die groot stap wat hulle ’n bietjie onseker maak. Vir ander wat dalk nie met die regte motiewe die groot stap neem nie is dit ’n groter probleem. Sommige is doodeenvoudig net bang dat hulle op die rak gaan bly sit en vir ander gaan dit suiwer oor wat hulle uit die verhouding kan kry. Geld en status kan in laasgenoemde natuurlik ’n belangrike rol speel. Dan is daar ander wat net hoop dat die verhouding hulle omstandighede sal verbeter. En natuurlik kry jy altyd die mens wat sommer net halsoorkop in ’n ding instap.
     
    Hoe dit ook al sy, almal van ons se eerste stap na ware liefde en die geluk waarna ons soek is veel nader aan ons as wat ons ooit sal kan dink. Dit maak nie eintlik saak waar jy in hierdie stadium in ’n verhouding staan nie, al is jy net verlief of lank getroud of steeds op die rak. Daar is nie ’n beter tyd om die Geheim van Ware Liefde te ontdek nie. Hoe gouer, hoe beter! Klik sommer nou die skakel om die Geheim van Ware Liefde te lees.